Zoe is ‘n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, ‘n brak sonder ‘n pedigree, kritiseer haar graag – verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. ‘n Man om te vermy. Maar ook ‘n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy ‘n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
关于作者
Kristel Loots het sorgvrye kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Hier het haar verwondering met die mensdom begin en sy het stories daaroor begin skryf. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het romanses en romans, insluitend Die engel rook skelm en Troukoek maak nie vet nie op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.