Leon van Nierop 
Plesierengel [EPUB ebook] 

支持

Elke plesier het sy prys . . .
Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ’n man wat R15 000 per nag vra en soveel genot verskaf aan die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in ’n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het.
Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. ’n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet?
Plesierengel is ’n nuwe, aangepaste weergawe van Leon Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwater-warm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur . . .
Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.

€15.99
支付方式

关于作者

Leon van Nierop is ’n baie bekende radio-, televisie- en romanskrywer. Verder doseer hy rolprentwaardering aan WITS en die Tshwane Universiteit van Tegnologie en is ook bekend as rolprentresensent. Hy het al meer as dertig publikasies die lig laat sien.
In Desember 1999 ontvang hy die Twilight Life Time Achievement Award van ’n reklameagentskap vir sy bydrae as veral resensent tot die rolprentbedryf in Suid-Afrika die vorige 25 jaar.
Hy het in 2009 die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-Sanlam radiodrama-skryfkompetisie bekroon.
In 2011 word hy met ’n ATKV-Media Veertjie bekroon vir die beste dokumentêre program of programreeks vir Die Afrikaanse rolprent gister.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 448 ● ISBN 9780624064725 ● 文件大小 0.5 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2013 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4534476 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

775,448 此类电子书