Louise van der Merwe 
Potlode en pinotage [EPUB ebook] 

支持
Liefde is soos goeie wyn … Sonja Fourie word geken as die kwaai onderwyseres en versorgende moederfiguur in haar vriendekring. Nes dit ’n goeie onderwyser betaam, is haar lewe rigied: planne, lysies, tabelle en boksies hou alles mooi op koers en sy maak seker elke woord wat oor haar lippe kom is suiwer Afrikaans. Deesdae begin iets egter krap. Haar veilige nessie en voorspelbare bestaan voel nie meer genoeg nie. Sy het haarself as kind belowe sy sal ʼn stabiele en standvastige lewe skep en dit is wat sy gedoen het, maar nou het sy haar bedenkinge. Wie is Ethan om haar te laat voel sy kan iets meer wees? Ethan Brooks het homself in Suid-Afrika kom vestig om te veg vir die behoud van sy erfenis. Deursettingsvermoë loop sterk deur sy are, maar hy besef ook dat dit alleen nie kan red wat verby bereddering is nie. Dan ontmoet hy vir Sonja, en hierdie kwaai juffroutjie laat hom anders na sy lewe en stryd kyk. Maar gaan hy vir hom ʼn gaatjie kan oopskrop in Sonja se reeds vasgestelde toekomsplanne?
€5.11
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 208 ● ISBN 9781776350759 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2021 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8180905 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

4,826,607 此类电子书

没结果