Madelie Human 
Ontydig (fantasie) [EPUB ebook] 

支持
Juliette het altyd gedink die stories oor haar oupa se sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik is sommer versinsels. Maar nou bevind sy haarself driehonderd jaar in die toekoms, nadat sy en Juli, haar verlangse nasaat, plekke en tye geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak in die kompleksiteite van die moderne tyd, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer ’n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie lank voordat hy haar hart behoorlik by haar nuwe moderne klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…
€5.14
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 192 ● ISBN 9781776352043 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2022 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8511290 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

299,593 此类电子书

没结果