Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en ’n laatlam te wees. Sy moes noodgedwonge die pos as au pair vat. Maar Farah voel self nog kind. Padgee is egter nie ’n opsie nie. As dit nie vir haar buurman se seun, Alexander Meiring was nie, sou sy verlore wees. Sy is heel tevrede met die stand van sake – tot die Sondag saam met Alexander en die kinders teen ’n silwer see . . .
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 224 ● ISBN 9780624050551 ● 文件大小 0.4 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2011 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 2487239 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器