Die laaste wens van ’n liewe vriendin stuur Talla na die Glencoe-vallei in Skotland. Sy neem haar wolkboekie saam om haar stokperdjie, die soeke na seldsame wolke, voort te sit. Daar word sy by ’n koddige rondloper, Mikey, se soektog na sy verdwene geliefde betrek. Maar dit blyk gou dat Mikey se geestestoestand troebel is. Dan duik herinneringe aan Talla se kinderdae in Warmbad, en aan haar eerste liefde, Astian, by haar op. Sal sy waag om antwoorde op vrae uit haar verlede na te jaag?
关于作者
Nadia de Kock is ’n IT-spesialis met haar kop in die wolke. Sy is ook skrywer, reisiger en gewese uitgewer. Haar roman Heildronk op ’n gypsyromp het in 2009 verskyn. Haar nuutste roman is Die wolkversamelaars. Sy bly in Johannesburg.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 304 ● ISBN 9780795709043 ● 文件大小 1.9 MB ● 出版者 Kwela ● 发布时间 2019 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 7127637 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器