In die wonderlike tweeling Philip de Vos en Piet Grobler se dertiende boek saam, is daar allerhande dinge wat tussen die bladsye wegkruip: rooikop-tokkelossiesin tokkelossiebossies, miere met voorname en Aspoestertjie met haar stink tekkies.Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppiesmet piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings.Dit is ’n land waar elke voëltjie sy eie lied het, die land van wie-weet-waar; dieland waar jy oplaas die maan se skemerlig aan ’n wilgerboom se tak kan hang.Dit is ’n wonderland vir kinders en hulle ma’s en hulle pa’s en hulle ouma- en oupagrootjies.
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 96 ● ISBN 9781776353231 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2022 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8292434 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器