Eleanor Lindeque is ’n geskeide uitgewer, maar haar droom is om skrywer te wees. Toe die aantreklike hotelmagnaat Oliver Montgomery haar vertel dat sy oorlede oupa en Eleanor se confidant vir haar landgoed in Engeland nagelaat het, besef sy dat dit die perfekte tyd is om haar drome na te streef. Behalwe dat dié landgoed ’n ou kerk met ’n begraafplaas is waar Oliver se eie spoke nog wegkruip, hy duidelik nie in haar belangstel nie, en haar glad nie vertrou nie. Sy het ook ’n paar spoke uit haar verlede wat sy in die gesig moet staar voordat sy ’n toekoms saam met Oliver kan hê. Sy familie maak ook nie die situasie makliker nie. Sy broer is ’n berugte casanova en dit lyk asof sy ma vir Oliver haat. Waarvoor het sy haarself ingelaat?
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 208 ● ISBN 9780639605203 ● 出版者 LAPA Uitgewers ● 发布时间 2020 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 7591406 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器