Richard Steyn 
Jan Smuts [EPUB ebook] 
Afrikaner sonder grense

支持

Jan Christiaan Smuts was ‘n soldaat, staatsman, intellektueel en een van Suid-Afrika se grootste leiers. Tog word daar vandag min oor hom gepraat of geskryf, al beleef ons tans skynbaar ‘n leierskapsvakuum. In Afrikaner sonder grense voer Richard Steyn aan dat ons hierdie indrukwekkende kryger-staatsman se lewe en denke moet herbesoek, omdat daar soveel te leer is uit sy merkwaardige prestasies. Die hoogs leesbare verslag ondersoek onder meer Smuts se rol as politieke leier, as adviseur van wêreldleiers, sy spirituele en intellektuele lewe en sy verhoudings met vroue. Sy unieke bydraes op ʼn verskeidenheid ander terreine, insluitend botanie, bewaring en filosofie, word ook bespreek.

€10.49
支付方式

关于作者

RICHARD STEYN is ’n oud-Matie wat ’n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het. Hy was redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg van 1975 tot 1990, ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit in 1985/’86, en hoofredakteur van The Star van 1990 tot 1995. Daarna was hy vir vyf jaar Standard Bank se direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie voordat hy weer voltyds begin skryf het.

购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 304 ● ISBN 9781868427437 ● 文件大小 4.7 MB ● 出版者 Jonathan Ball ● 市 London ● 国家 GB ● 发布时间 2017 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5051341 ● 复制保护 社会DRM

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

49,854 此类电子书