Amber Richards 
My Kinderboek oor honde liggaamstaal met prente [EPUB ebook] 
Help om Kinders Veilig Te Hou

Support
Cover of Amber Richards: My Kinderboek oor honde liggaamstaal met prente (ePUB)

Te dikwels as ouers dink ons eenvoudig nie daaraan om veiligheidskwessies rakende honde te leer nie, totdat daar ”n situasie gebeur. Dit is nie die tyd vir onderrig nie, maar vir aksie. Voorkoming kan ”n lang pad gaan. Selfs as jy nie ”n hond besit nie, moet elke kind geleer word, omrede hulle in ander situasies met honde in aanraking sal kom.  
Hierdie boek is een wat ”n volwassene kan gebruik vir beide ”n kind wat dalk bang is vir honde, en ”n kind wat te vrymoedig is met honde. Daar is ”n nota aan ouers aan die begin van die boek, waarin veral gevra word dat die boek volledig gelees moet word voordat dit vir ”n kind voorgelees word. 
Ouers ken die stadiums van hul kinders sowel as die kind se temperament en geskiedenis wat hulle met honde gehad het. Al hierdie faktore kom in die spel wanneer onderrig word oor veiligheid en honde. Dit is ”n vak wat al te dikwels glad nie geleer word nie. 
Ek het probeer om dit so min as moontlik skrikwekkend te maak, en om gesonde hond/kind-verhoudings aan te moedig. Die boek sluit af met ”n paar simpel foto”s om op ”n ligter noot af te sluit.

€2.95
payment methods
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9781667457628 ● Translator Charmaine Lubbe ● Publisher Babelcube Inc. ● Published 2023 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 9106960 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

91,346 Ebooks in this category