Te dikwels as ouers dink ons eenvoudig nie daaraan om veiligheidskwessies rakende honde te leer nie, totdat daar ”n situasie gebeur. Dit is nie die tyd vir onderrig nie, maar vir aksie. Voorkoming kan ”n lang pad gaan. Selfs as jy nie ”n hond besit nie, moet elke kind geleer word, omrede hulle in ander situasies met honde in aanraking sal kom.
Hierdie boek is een wat ”n volwassene kan gebruik vir beide ”n kind wat dalk bang is vir honde, en ”n kind wat te vrymoedig is met honde. Daar is ”n nota aan ouers aan die begin van die boek, waarin veral gevra word dat die boek volledig gelees moet word voordat dit vir ”n kind voorgelees word.
Ouers ken die stadiums van hul kinders sowel as die kind se temperament en geskiedenis wat hulle met honde gehad het. Al hierdie faktore kom in die spel wanneer onderrig word oor veiligheid en honde. Dit is ”n vak wat al te dikwels glad nie geleer word nie.
Ek het probeer om dit so min as moontlik skrikwekkend te maak, en om gesonde hond/kind-verhoudings aan te moedig. Die boek sluit af met ”n paar simpel foto”s om op ”n ligter noot af te sluit.
Amber Richards
My Kinderboek oor honde liggaamstaal met prente [EPUB ebook]
Help om Kinders Veilig Te Hou
My Kinderboek oor honde liggaamstaal met prente [EPUB ebook]
Help om Kinders Veilig Te Hou
Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● ISBN 9781667457628 ● Översättare Charmaine Lubbe ● Utgivare Babelcube Inc. ● Publicerad 2023 ● Nedladdningsbara 3 gånger ● Valuta EUR ● ID 9106960 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare