Die vervolgdes [EPUB ebook] 
Ware verhale van gelowiges se lyding en hoop

الدعم

Gemartel, gekruisig, verbrand en wreed vermoor – omdat hulle Christus as hul Verlosser aangeneem het. Dit is die lot van talle Christene in onderdrukkende lande. In hierdie boek vertel die bekende skrywer Jacqueline Leuvennink aangrypende ware verhale uit die vervolgde kerk. Sy wys hoe Jesus se woorde waar word toe hy gesê het: ‘Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My naam beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel…’ Sy gee ook praktiese raad oor wat ons in Suid-Afrika kan doen om die vervolgdes by te staan en waarvoor ons kan bid. Dié verhale is sowel onstellend as inspirerend. Dis pakkende leesstof, maar die boek kan ook met vrug in jou eie stiltetyd of as groepsbybelstudie gebruik word.

€9.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Jacqueline Leuvennink beskryf haarself as ‘n storie-aandraer. Van verhale waarvoor jou eie hart moet kan stil raak tot veral verhale oor dit wat soms nié gesê word nie. Ná tien maande by die Vroueleërkollege op George is sy na die Universiteit van Stellenbosch waar sy ‘n BA-graad met Engels en Sielkunde as hoofvakke verwerf. Hierna het ‘n verdere studie-en-swerf-jaar in Europa gevolg. In 1977 het sy, soos sy sê, per ongeluk die joernalistiek betree. Ná twee jaar by Die Burger en vyf jaar by Sarie het sy ook as vryskut-joernalis bydraes gelewer tot onder meer Insig, De Kat, Visi, Rooi Rose, Lééf en Lig. Jacqueline is getroud met Jaco en het twee seuns.

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 264 ● ISBN 9780796319227 ● حجم الملف 1.9 MB ● الناشر Lux Verbi ● نشرت 2015 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4742973 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

139٬293 كتب إلكترونية في هذه الفئة