Koshuis [EPUB ebook] 

الدعم

Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer. Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

€11.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (kyk NET Elders: Die Camino, Die Ware Naarheid en Via Weg! Agterpaaie) en veelbekroonde joernalis. Hy het voorheen by Weg, Lit Net, Insig en Huisgenoot gewerk. Hy is oorspronklik van Port Elizabeth en woon in Kaapstad. Sy 2017-reisboek Elders, oor sy Camino-staptog, was ’n groot treffer.

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 320 ● ISBN 9780795801662 ● حجم الملف 0.4 MB ● الناشر Queillerie ● نشرت 2019 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 6904495 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

779٬055 كتب إلكترونية في هذه الفئة