Uiteindelik! ’n Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 8 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur
beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan;
’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite;
volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien;
te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind;
’n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas;
’n formele assesseringsprogram vir graad 8, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en
aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser, asook ’n groot verskeidenheid volkleur plakkate in te sluit op die CD vir die onderwyserslêer en onderrigdoeleindes.
Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 8 Eerste Addisionele Taal [PDF ebook]
قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل PDF ● صفحات 231 ● ISBN 9781775893318 ● حجم الملف 5.4 MB ● عمر 17-14 سنوات ● الناشر Best Books ● نشرت 2014 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4766208 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM