Elsabé Brits 
Emily Hobhouse [EPUB ebook] 
Geliefde verraaier

Support

Hierdie boek vertel die volle, grootliks onbekende verhaal van Emily Hobhouse, nie net ’n Anglo-Boereoorlogheld nie, maar ook ’n aktivis en stryder teen onreg en onderdrukking op verskeie kontinente. Elsabé Brits het Emily se handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke in ’n trommel in Kanada ontdek, en haal hieruit en uit ander nuwe bronne aan. Só gee sy ’n genuanseerde, vars blik op ’n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Van kleintyd het Emily haar verset teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en sy moes boonop haar siek pa oppas. Tog raak sy wêreldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In twee oorloë het sy duisende lewens gered, en nogtans is sy – ’n ware patriot – in haar eie land onbekend en alleen dood. As kampvegter vir vrouestemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily Hobhouse ’n ikoon wat vandag nog inspireer. Ontdek die onbekende sy van ’n verbasend moderne vrou.

€15.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Elsabé Brits is ’n veelbekroonde wetenskapjoernalis wat in 1999 by Die Burger in Kaapstad begin werk het, ná ses jaar as joernalis by ’n gemeenskapskoerant in Polokwane. Sy skryf nou vir Netwerk24.com en steeds vir Media24 se Afrikaanse dagblaaie. Haar eerste boek, Kyk my in die oë, oor bipolêre gemoedstoornis, het in 2011 by Tafelberg verskyn. Hoewel Elsabé spesialiseer in wetenskapjoernalistiek, was dit haar liefde vir feite én vergete verhale wat haar die spoor van Emily Hobhouse laat volg het. Emily het sedertdien onlosmaaklik deel van haar lewe geword.

Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 352 ● ISBN 9780624075752 ● Dateigröße 3.1 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2016 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 5053447 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

10.131 Ebooks in dieser Kategorie