1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing (en ook die NG Kerk) baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.
Sobre el autor
Neels Jackson het naam gemaak as ’n ingeligte en verantwoordelike verslaggewer oor godsdienssake. Hy het goeie betrekkinge met ’n groot aantal teoloë en met kerkleiers uit verskillende denominasies. Hy was vir byna 30 jaar kerkverslaggewer en ook redakteur van Kerkbode. Hy en sy vrou woon in Pretoria en hulle het twee volwasse dogters.