Albert Blake 
Wit terroriste [EPUB ebook] 
Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare

Support

Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Wit terroriste bied ‘n fassinerende blik op ‘n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.

€13.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010), wat ook in ‘n rolprent, Verraaiers, omskep is. Hy ontvang in 2014 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer (2012). Blake het ook dié boeke agter sy naam: Moord en Roof: In die kop van ‘n baasspeurder (2013), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en Broedertwis: Christiaan en Piet de Wet (2016). Wit terroriste is sy sesde boek. Hy is in Johannesburg gebore en matrikuleer aan Grey-kollege in Bloemfontein, waarna hy militêre opleiding in die Valskermbataljon ondergaan. Blake het twee meestersgrade in geskiedenis aan die destydse RAU verwerf (albei cum laude). Tussendeur sy skryfwerk is hy ‘n praktiserende prokureur in Johannesburg.

Achetez cet ebook et obtenez-en 1 de plus GRATUITEMENT !
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 304 ● ISBN 9780624081593 ● Taille du fichier 3.4 MB ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2018 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 6606655 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

115 561 Ebooks dans cette catégorie