Albert Blake 
Wit terroriste [EPUB ebook] 
Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwagjare

Wsparcie

Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Wit terroriste bied 'n fassinerende blik op 'n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.

€13.99
Metody Płatności

O autorze

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier: Teregstellings tydens die Anglo-Boereoorlog (2010), wat ook in 'n rolprent, Verraaiers, omskep is. Hy ontvang in 2014 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir Boerekryger: 'n Seun se hoogste offer (2012). Blake het ook dié boeke agter sy naam: Moord en Roof: In die kop van 'n baasspeurder (2013), Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid (2015) en Broedertwis: Christiaan en Piet de Wet (2016). Wit terroriste is sy sesde boek. Hy is in Johannesburg gebore en matrikuleer aan Grey-kollege in Bloemfontein, waarna hy militêre opleiding in die Valskermbataljon ondergaan. Blake het twee meestersgrade in geskiedenis aan die destydse RAU verwerf (albei cum laude). Tussendeur sy skryfwerk is hy 'n praktiserende prokureur in Johannesburg.

Kup ten ebook, a 1 kolejny otrzymasz GRATIS!
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 304 ● ISBN 9780624081593 ● Rozmiar pliku 3.4 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2018 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 6606655 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

118 566 Ebooki w tej kategorii