Piekfyn Afrikaans Graad 4 Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids [PDF ebook] 

Support

Piekfyn Afrikaans se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur
• te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind
• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstelling
• ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
• ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien
• beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite.
Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou!
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Kontak die Uitgewer indien u die CD-hulpbron benodig.

€10.99
méthodes de payement
Achetez cet ebook et obtenez-en 1 de plus GRATUITEMENT !
Langue Afrikaans ● Format PDF ● Pages 288 ● ISBN 9781775896791 ● Taille du fichier 2.7 MB ● Âge 17-10 ans ● Maison d’édition Best Books ● Publié 2014 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 4757898 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

785 Ebooks dans cette catégorie