’n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor én met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. “Die mens is die storie, die storie is die mens, ” het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gesê. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer ’n deernisvolle blik op ménse: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgeleë streke. Dít is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 164 ● ISBN 9780798153706 ● Ukuran file 0.3 MB ● Penerbit Human & Rousseau ● Diterbitkan 2011 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 4743003 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM