Hilda Lategan 
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes [EPUB ebook] 

Supporto

Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte, resepte met maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele, belangrike inligting oor tipe 1- en tipe 2-diabetes, swangerskap-diabetes, ingekorte glukosetoleransie en die glukemiese indeks (GI), ’n voedingstofanalise by elke resep, wenke vir spyskaartbeplanning en inkopielyste en pragtige foto’s van die geregte. Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die ‘Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid’ -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.

€15.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Hilda Lategan is ’n ervare dieetkundige en bekende skrywer. Sy spesialiseer in die dieetkundige behandeling van mense met diabetes en insulienweerstandigheid asook voedselallergieë en siektes van die spysverteringskanaal. Sy is die skrywer van verskeie boeke en woon in Pretoria.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 256 ● ISBN 9780624071846 ● Dimensione 9.9 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4624563 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

725 Ebook in questa categoria