Louis Jansen van Vuuren 
Amper Frans [EPUB ebook] 
ʼn Lewe van fanfare en faux pas

Supporto

Toe hy jare gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen Van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ʼn château in die Franse platteland sou besit nie.
In Amper Frans vertel hy hoe hy die plaaslike tradisies en kultuur die afgelope 21 jaar ontdek her – daar is stories oor statige hertoginne en neusoptrekkerige kelners, die berugte Franse burokrasie en dan ook sy talle faux pas in die Fanse taal.
Om die vervalle Château de la Creuzette saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ʼn boetiekhotel te omskep het groot Geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harder manier geleer, soos dat vier verwarmers nie genoeg s om ʼn hele château to verhit nie …
Louis verklap ook iets van hul gaste se kaskenades en van hul eie reise soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Die boek is ʼn moet vir alle Frankofiele.

€10.49
Modalità di pagamento

Circa l’autore

LOUIS JANSEN VAN VUUREN is ’n bekende kunstenaar wat al meer as 50 uitstalling in Suid-Afrika en oorsee gehou het.
Hy was ’n dosent aan die Universiteit Stellenbosch en die Michaelis-kunsskool in Kaapstad voordat hy hom in die laat 1990’s in Frankryk gevestig het.
Louis en sy lewensmaat, Hardy Olivier, het lank die La Creuzette-boetiekhotel in Boussac besit. In 2009 het hy en Hardy die boek Feestelike Frankryk/Festive France saam met Anet Pienaar-Vosloo uitgegee.
Verskeie van sy kortverhale is al gepubliseer en hy is die skrywer van Die storie van ’n huis en ’n bundel poësie, Tempermes.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 256 ● ISBN 9781776190478 ● Dimensione 6.0 MB ● Casa editrice Jonathan Ball ● Città London ● Paese GB ● Pubblicato 2020 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 7630609 ● Protezione dalla copia DRM sociale

Altri ebook dello stesso autore / Editore

10.131 Ebook in questa categoria