Wilbur Smith 
Donderslag [EPUB ebook] 

Supporto

Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag kinders wat moeilikheid vir die Courtney-familie voorspel, en – bowenal – Ruth Friedman.
Ruth slaan sy voete skoon onder hom uit. Vurig, jonk en… ’n ander man se vrou. Boonop raak haar man Sean se boesemvriend en beskermling in die oorlog! Die magte van die noodlot voer Sean telkens van hoop tot wanhoop, na oomblikke van glorie en oomblikke van verslaentheid. Deur elke uitdaging dra sy selfgeloof, sy krag en sy ysere wil hom.
Daar is die plaas wat hy probeer vestig; sy seun Dirk se kommerwekkende swakhede; sy wedywering met sy voormalige swaer en nou Boeregeneraal Jan Paulus le Roux; die komplekse verhouding met sy buite-egtelike seun, Michael; sy broer Garrick wat hom links en regs beduiwel; die weerspannige Ruth; en Storm, die dogter wat in hulle ongeoorloofde passie verwek is…
Met ’n paar perfek geplaaste karakters, voer Wilbur Smith die leser meesterlik tot midde-in die Anglo-Boereoorlog se aksie, van beroemde veldslae tot tipiese kleiner skermutselings. Teen die agtergrond van hierdie groot stryd tussen volke, voer Sean ’n persoonlike stryd om oorlewing, om ’n toekoms vir hom en sy geliefdes te bou, en om geluk te vind saam met die vrou vir wie hy lief is.

€14.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon deesdae in Nieu-Seeland. Hy publiseer ʼn kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, in 1989 en daarna ʼn roman, Wydsbeen. Hierna het hy Nobody Dies geskryf, sy eerste Engelse roman. ʼn Ander mens is die Afrikaanse vertaling hiervan. Halfpad een ding en die Engelse vertaling Half of One Thing verskyn in 2014.

Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● ISBN 9780795707551 ● Dimensione 0.8 MB ● Traduttore Zirk van den Berg Zirk van den Berg ● Casa editrice Kwela ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4801529 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

775.448 Ebook in questa categoria