Willie Esterhuyse & Gerhard Van Niekerk 
Die tronkgesprekke [EPUB ebook] 
Nelson Mandela en Kobie Coetsee se voorpuntdiplomasie

Ondersteuning
Dis 1984. PW Botha is desperaat. As Nelson Mandela in die tronk sterf, gaan die land ontplof. Mandela, Prisonier 913, weet dat ’n vryheidstryd se uitkoms afhang van of daar met ‘die vyand’ gepraat word. Kobie Coetsee, minister van justisie, weet dat 913, amptelik ’n gevaarlike gevangene, ’n belangrike leier is wat dringend vrygelaat moet word. In opdrag van Botha begin die enigmatiese Coetsee in die geheim met Mandela praat, die eerste uit die NP om dit te doen. Hulle word spanmaats in ’n ingewikkelde proses op soek na ’n skikking. Boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet. Skrywer en akademikus Willie Esterhuyse, self betrokke by gesprekke tussen die ANC en die NP, vertel saam met Gerhard van Niekerk die onvertelde verhaal van die onbesonge helde van die oorgang. Mense soos Adèle de Waal en Winnie Mandela. Maar veral Coetsee en Mandela, sonder wie se waagmoed daar geen skikking sou wees nie.
€13.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

Dr Gerhard van Niekerk was die besturende direkteur van Ou Mutual. Hy was ook nie-uitvoerende direkteur van ’n aantal organisasies, insluitend Nedbank, CG Smith, Transnet, Central African Building Society en die Universiteit van Stellenbosch.
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 248 ● ISBN 9780624086758 ● Bestandsgrootte 0.4 MB ● Uitgeverij Tafelberg ● Gepubliceerd 2018 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 6667942 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

116.787 E-boeken in deze categorie