Oop deure is nie maar net nog ’n uitleg van die boek Openbaring nie. Dit is aktueel en toepaslik vir ons tyd. Soos dit ’n goeie eksegeet betaam, verduidelik Burger hoe die boek gespreek het tot die gelowiges vir wie dit oorspronklik geskryf is – in ’n wêreld wat totaal anders as ons s’n gelyk het. Hy bied egter ook ’n passievolle toe-eiening van die boodskap van die boek vir ons eie tyd – op so ’n manier dat ons beter insig in ons eie situasie kry en die talle geleenthede raaksien wat God vir ons hier aan die suidpunt van Afrika skep. Hy help ons inderdaad om te hoor wat die Gees vir die gemeentes van ons tyd sê.
Prof Francois Tolmie, Nuwe Testament, Universiteit van die Vrystaat.
Coenie Burger skryf: “Openbaring sê vir ons dat ons nie in die eerste plek nuwe strategieë of planne nodig het nie, maar dat ons gehelp moet word om die evangelie nuut te hoor en vir ons toe te eien”. Daarmee sit hy sy vinger op die essensie van wat nodig is vir gemeentes en predikante om vandag te hoor. ’n Weldeurdagte uitleg van Openbaring deur ’n knap teoloog.
Prof Ian Nell, Praktiese Teologie en Missiologie, Universiteit van Stellenbosch
Coenie Burger se genuanseerde lees van Openbaring as gemeente-literatuur teen die agtergrond van die Romeinse Ryk sal gelowiges en gemeentes se geestelike verbeelding opnuut aangryp oor hoe hulle vandag hul missionale roeping in uitdagende tye konkreet kan uitleef. Dit is ’n helder, tydige en weldeurdagte uitleg van Openbaring deur een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kerkteoloë.
Prof Marius Nel, Nuwe Testament, Universiteit van Stellenbosch
Coenie Burger nooi ons om Openbaring te lees as ’n boek wat vir gestuurde gemeentes
geskryf is. Oop Deure herinner die kerk op ’n helder en direkte manier aan wie God is en aan
sy roeping en werk vir gemeentes. Die boek maak ’n belangrike bydrae tot die missionale
teologie, plaaslik en internasionaal.
Dr Lourens Bosman, Algemene Bestuurder, Algemene Sinode van die NG Kerk.
Coenie Burger
Oop Deure [EPUB ebook]
Wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer
Oop Deure [EPUB ebook]
Wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer
Kup ten ebook, a 1 kolejny otrzymasz GRATIS!
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 180 ● ISBN 9781868044887 ● Rozmiar pliku 6.1 MB ● Wiek 22-99 lat ● Wydawca CLF Publishers ● Miasto Cape Town ● Kraj ZA ● Opublikowany 2020 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 7796506 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM