Die outistiese Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) is in Absoluut Einstein in Gr 9, met Matriek-IT onder die knie. In sy nuwe skool moet Dylicia ‘n ogie oor hom hou. Sy’s die enigste meisie in die skool se Robotika-groep, wat vir die Grottobot Fest ‘n robot bou en programmeer. Die Vuilhonde en Micha stamp eers koppe, maar Micha en Bees vorm ‘n onwaarskynlike vriendskap, en gou lyk dit vir Dylicia asof die groep seuns, Micha inkluis, haar nie meer nodig het nie.
Sobre o autor
Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks. Jeugboeke wat by Tafelberg verskyn het, is Amper Einstein (2013) en Pienk is nie vir sissies nie (2017).