Klou die luiperd is sommer baie in sy skik. Die mantel wat hy gekry het, lyk nes ’n regte superheld s’n. En wat doen superhelde? Hulle werk is tog om ander te help! Daarom bind Klou die mantel om sy skouers en gaan soek iemand wat hulp nodig het. Ienie, Mienie, Maainie en Mou is vier meerkatte wat vir ’n arend vlug. “Ek moet die meerkatte gaan red!” sê Klou hard vir homself. “Ek is Super-Klou!” Maar sal Klou die meerkatte kan red … of sal hulle hóm op die ou end moet help? ’n Prettige, humoristiese dierestorie, perfek vir beginnerlesers.
Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 48 ● ISBN 9780799370959 ● Editora LAPA Uitgewers ● Publicado 2014 ● Carregável 3 vezes ● Moeda EUR ● ID 5206265 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM