Anemari Jansen 
Glipstroom [EPUB ebook] 

Ajutor

Maja moet probeer aanpas by die lewe in ’n padkamp in die Caprivi ná haar man, ’n ingenieur, daarheen verplaas word. Hul verhouding word vertroebel deur Louis se onvermoë om sy weermagervarings te verwerk en die spanning in die kamp, waar die druk van spertye en die klomp mans wat met hulself opgeskeep sit, soms hand uitruk. Maar Maja het ook ’n geheim wat sy vir Louis wegsteek. Slegs Phineas, die ou opsigter by die padkamp, weet iets daarvan, en in hom vind Maja ’n onverwagte vertroueling en vriend. Voor sy by Louis aangesluit het, het Maja dikwels weke alleen agtergebly in die Soutpansberg-omgewing waar hulle gewoon het. Dis in daardie alleentye wat sy ’n vriendskap aanknoop met Alex, ’n diepsinnige kunstenaar en die teenoorgestelde van die beneukte Louis. In die Caprivi is Maja dikwels op haarself aangewese en moet sy haar lewe en besluite in oënskou neem om haar pad vorentoe te vind.

€13.99
Metode de plata

Despre autor

Anemari Jansen het voorheen in Venda en die Kavango/Caprivi gewoon en het al drie honderd kilometer in tien dae gestap deur die Namakwaland. Sy het drie kinders: Rohan, Christian en Carina en besit ’n gastehuis, Koorsboom Cottage, in Bedfordview. Sy is verslaaf aan boeke en skryf stories – onder meer oor die ervarings van oud-polisiemanne. Sy het ’n meestersgraad in Afrikaans.

Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 304 ● ISBN 9780798166270 ● Mărime fișier 0.8 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2014 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4743249 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

752.646 Ebooks din această categorie