Staan die DA hoegenaamd ‘n kans by die stembus?
Of sal verkiesings in Suid-Afrika bloot ‘n ras-sensus bly? Is swart kiesers se ongemak met die Demokratiese Alliansie ‘n kwessie van beleid – of van toon?
Eusebius Mc Kaiser is bekend daarvoor dat hy geen doekies omdraai nie. In hierdie vermaaklike, ietwat voor-op-die-wa en soms tong-in-die-kies boek, bekyk hy ons amptelike opposisie van naderby.
‘Moenie vir hom suurstof gee nie. Hy jaag omstredenheid na. Narsissisme in extremis. Soek net aandag.’
– Helen Zille oor Eusebius Mc Kaiser (Twitter, September 2013)
‘Ek dink Helen Zille is ‘n goeie leier.’
– Mc Kaiser oor Zille … maar hy sê ook:
‘Zille is die verkeerde persoon om die Demokratiese Alliansie ná 2014 tot ‘n oorwinning teen die ANC te lei.’
Despre autor
Eusebius Mc Kaiser is ‘n genoot by Wits se Sentrum vir Etiek in Johannesburg. As politieke ontleder skryf hy vir Suid-Afrikaanse én internasionale media, waaronder die New York Times. Hy is bekend op radio en TV, en bied tans sy eie program aan op Power FM.
Sy vorige boek, A Bantu in My Bathroom, is ‘n topverkoper. Hy het regte en filosofie studeer en is ook ‘n voormalige Suid-Afrikaanse en wêreldkampioenredenaar.