Best Books Eksamenhulp sal leerders se taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat taal- en begripsoefeninge, sowel as tweetalige taalopsommings om leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) te verryk en sal leerders help om Afrikaans onder die knie te kry. Hierdie boek bevat ook twee begripstoetse per hoofstuk, sowel as twee konsepvraestelle vir eksamenvoorbereiding.
Despre autor
Juffrou Marelize Swanepoel (1985) matrikuleer aan Hoërskool Elsburg, waarna sy haar BA-Taalpraktisyn (2006) en BA- (Hons.) Afrikaans (2017) aan die Universiteit van Johannesburg voltooi. Sy tree gereeld as spreker by die ATKV se Skitter-in-Afrikaans-werkswinkels op en ontvang in 2017 ’n ere-Kokerpenning by Afrikaans.com.