Meiring Fouche 
Spore na die Dood [EPUB ebook] 

Ajutor

SPORE NA DIE DOOD – SAHARA AVONTUUR REEKS

In hierdie verhaal het die Frans Vreemdelegioen weereens te doen met El Karima, die blanke vorstin van die Doelak volk. Sy het nog nie haar vernedering vergeet, wat die lang, blonde Suid Afrikaner, met die naam van Teuns Stegmann haar ses maande gelede aangedoen het nie.

 Deur hom in die hande te kry, ontvoer sy die bevelvoerder van Dini Salam, kolonel Paul le Clerq se vrou. In ruil vir haar vryheid, eis sy dat Teuns uitgelewer moet word aan haar. Kolonel Le Clerq weier die versoek en Teuns Stegmann besluit toe om op sy eie te gaan. Hy ontsnap uit die fort saam met ’n Arabier, om die Franse vrou te gaan probeer red.

 In Doetra, hoofstad van die Doelak volk, kom Teuns gou agter dat El Karima nie haar woord gestand hou nie. Hy en die vrou van die bevelvoerder gaan wreed vermoord word deur perde, as weerwraak. Om dinge te vererger moet die hele garnisoen van Dini Salam ook nog die fort vir goed ontruim. Dan doen kolonel Le Clerq boonop iets wat almal die skok van hul lewens gee…

€6.39
Metode de plata
Cumpărați această carte electronică și primiți încă 1 GRATUIT!
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 156 ● ISBN 9781928498018 ● Mărime fișier 0.7 MB ● Editor Pieter Haasbroek ● Editura Pieter Haasbroek ● Țară GB ● Publicat 2021 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 7735720 ● Protecție împotriva copiilor fără

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

769.864 Ebooks din această categorie