Rudi Swanepoel 
Kom sit aan [EPUB ebook] 
Vind vreugde in die alledaagse

Support

Wat beteken dit vir ons om te eet? Is dit bloot die bevrediging van ‘n drang, die inneem van ‘n hervulling, soos om vulstasie toe te gaan en petrol vir jou motor te kry? Of kan kos, hoe ons dit voorberei en hoe ons dit eet, teruggeëis word as heilig, as méér as die ooglopende, as ‘n manier om in verbondenheid te lewe? Rudi Swanepoel, bekende blogger en predikant van Johannesburg, inspireer ons om deur die doodgewone daad van eet meer betekenis te vind in ons lewe. Deur met vreugde en bewustelik te eet, kan ons ons ‘gewone’ lewens radikaal anders ervaar. Met 112 gedagtes, herinneringe, aansporings en bepeinsings oor kosmaak, tafeldek, gasvryheid, rituele en sinvol leef – plus ‘n lasagneresep.

€9.49
payment methods

About the author

Rudi Swanepoel is ‘n predikant by NG Gemeente Andrew Murray in Johannesburg. Hy is passievol oor kosmaak en gasvry wees. Ná matriek begin studeer Rudi teologie aan die Universiteit van Pretoria, maar hy onderbreek sy studies vir drie jaar om as kopieskrywer in die advertensiebedryf te werk. Hy voltooi later sy teologiese opleiding by Stellenbosch Universiteit en word ‘n predikant in die NG Kerk. Die afgelope nege jaar is Johannesburg sy tuiste, waar hy sy lewe deel met Carina (‘n fisioterapeut) en hulle vier kinders.

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 240 ● ISBN 9780796321312 ● File size 0.3 MB ● Publisher Lux Verbi ● Published 2019 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 6979395 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

139,012 Ebooks in this category