Vivian Kleynhans & Jacqueline Leuvennink 
Wanneer water wyn word [EPUB ebook] 

Stöd

Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en ’n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis in Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. So word Vivian uiteindelik vervreem van haar familie en verval sy in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie. Sy besluit eendag dat sy genoeg gehad het, en loop uit die huwelik uit. Vivian begin haar lewe weer van voor af bou. Sy het ’n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as ’n huisagent, ’n makelaar en ’n personeelagent, besluit sy om haar eie besigheid te begin. Sy begin haar eie wynetiket. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en die wyn word na die VSA uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

€11.99
Betalningsmetoder

Om författaren

Jacqueline Leuvennink het aan Stellenbosch Universiteit studeer. Sy het aanvanklik voltyds by Die Burger en Sarie gewerk, maar haar later gevestig as vryskutjoernalis vir verskeie tydskrifte (onder meer Insig, Sarie, Lig, Lééf en Rooi Rose). Jacqueline en Jaco het twee seuns en woon op Kleinmond.

Köp den här e-boken och få 1 till GRATIS!
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 208 ● ISBN 9780796321893 ● Filstorlek 0.3 MB ● Utgivare Lux Verbi ● Publicerad 2019 ● Utgåva 1 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 6913001 ● Kopieringsskydd Adobe DRM
Kräver en DRM-kapabel e-läsare

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

136 027 E-böcker i denna kategori