Vivian Kleynhans & Jacqueline Leuvennink 
Wanneer water wyn word [EPUB ebook] 

Підтримка

Toe Vivian Brutus op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel waar sy uithelp se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit en sy en ses sussies en ‘n boetie word uitgedeel aan die famlie in Vredenburg. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk wat sy noodgedwonge moes neem in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ‘n huis in Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ‘n prys. So word Vivian uiteindelik vervreem van haar familie en verval sy in ‘n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie. Sy besluit eendag dat sy genoeg gehad het, en loop uit die huwelik uit. Vivian begin haar lewe weer van voor af bou. Sy het ‘n kop vir besigheid, en nadat sy onder andere gewerk het as ‘n huisagent, ‘n makelaar en ‘n personeelagent, besluit sy om haar eie besigheid te begin. Sy begin haar eie wynetiket. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en die wyn word na die VSA uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie en deursettingsvermoë, en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

€11.99
методи оплати

Про автора

Jacqueline Leuvennink het aan Stellenbosch Universiteit studeer. Sy het aanvanklik voltyds by Die Burger en Sarie gewerk, maar haar later gevestig as vryskutjoernalis vir verskeie tydskrifte (onder meer Insig, Sarie, Lig, Lééf en Rooi Rose). Jacqueline en Jaco het twee seuns en woon op Kleinmond.

Придбайте цю електронну книгу та отримайте ще 1 БЕЗКОШТОВНО!
Мова Африкаанс ● Формат EPUB ● Сторінки 208 ● ISBN 9780796321893 ● Розмір файлу 0.3 MB ● Видавець Lux Verbi ● Опубліковано 2019 ● Видання 1 ● Завантажувані 24 місяців ● Валюта EUR ● Посвідчення особи 6913001 ● Захист від копіювання Adobe DRM
Потрібен читач електронних книг, що підтримує DRM

Більше електронних книг того самого автора / Редактор

140 856 Електронні книги в цій категорі