Julian Jansen 
Die De Zalze-moorde [EPUB ebook] 
Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het

สนับสนุน
Die Van Breda’s was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In ‘n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oënskynlik ‘n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: dié saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. Terselfdertyd raak die gebeure hom diep. Van die familie en vriende stort mettertyd hul harte teenoor Jansen uit, en ‘n prentjie kom na vore van ouers raadop met ‘n moeilike ‘eenkantkind’, boonop met ‘n dwelmprobleem… Kan dit wees dat die Van Breda’s se eie kind die byl gelig het? Rapport-joernalis Julian Jansen volg die moordsaak dag en nag reg van die begin af. Nie net as verslaggewer vir die grootste Afrikaanse koerant nie, maar ook omdat hy die menslike sy van dié tragedie probeer verstaan.
€11.99
วิธีการชำระเงิน

เกี่ยวกับผู้แต่ง

JULIAN JANSEN is oorspronklik van Lusikisiki in die Oos-Kaap en het in die Strand in die Wes-Kaap grootgeword. Hy is ‘n oudonderwyser en het agtien jaar lank Aardrykskunde en Geskiedenis aan twee Helderbergse skole onderrig. Daar het hy ‘n positiewe verandering in ‘stout’ leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle op berguitstappies liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope tien jaar is hy ‘n verslaggewer in die Sondagkoerant Rapport se Kaapstadse kantoor – met ‘n kort onderbreking in 2009 toe hy die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder en toespraakskrywer was. In 2010 kry hy eervolle vermelding in die Mondi Shanduka-pryse se afdeling vir harde nuus. Dit was vir sy deel in ‘n span wat berig het oor die moord op die Britse bruid Anni Hindocha en die aanklagte teen haar man, Shrien Dewani. In 2013 ontvang hy Rapport se Spesiale Redakteursprys vir sy beriggewing. Hy fokus meestal op misdaadberiggewing, maar geniet dit ook om stories te skryf oor die triomf van die menslike gees oor teëspoed asook oor gewone mense wat ongewone dinge doen.
ซื้อ eBook เล่มนี้และรับฟรีอีก 1 เล่ม!
ภาษา แอฟริกาใต้ ● รูป EPUB ● หน้า 288 ● ISBN 9780624080992 ● ขนาดไฟล์ 3.9 MB ● สำนักพิมพ์ Tafelberg ● การตีพิมพ์ 2017 ● ฉบับ 1 ● ที่สามารถดาวน์โหลดได้ 24 เดือน ● เงินตรา EUR ● ID 5530639 ● ป้องกันการคัดลอก Adobe DRM
ต้องใช้เครื่องอ่านหนังสืออิเล็กทรอนิกส์ที่มีความสามารถ DRM

หนังสืออิเล็กทรอนิกส์เพิ่มเติมจากผู้แต่งคนเดียวกัน / บรรณาธิการ

10,506 หนังสืออิเล็กทรอนิกส์ในหมวดหมู่นี้