Julian Jansen 
Die De Zalze-moorde [EPUB ebook] 
Die familiemoord wat die land tot stilstand geruk het

Support

Die Van Breda’s was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In ’n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oënskynlik ’n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: dié saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. Terselfdertyd raak die gebeure hom diep. Van die familie en vriende stort mettertyd hul harte teenoor Jansen uit, en ’n prentjie kom na vore van ouers raadop met ’n moeilike ‚eenkantkind‘, boonop met ’n dwelmprobleem… Kan dit wees dat die Van Breda’s se eie kind die byl gelig het? Rapport-joernalis Julian Jansen volg die moordsaak dag en nag reg van die begin af. Nie net as verslaggewer vir die grootste Afrikaanse koerant nie, maar ook omdat hy die menslike sy van dié tragedie probeer verstaan.

€11.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

JULIAN JANSEN is oorspronklik van Lusikisiki in die Oos-Kaap en het in die Strand in die Wes-Kaap grootgeword. Hy is ’n oudonderwyser en het agtien jaar lank Aardrykskunde en Geskiedenis aan twee Helderbergse skole onderrig. Daar het hy ’n positiewe verandering in ’stout‘ leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle op berguitstappies liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope tien jaar is hy ’n verslaggewer in die Sondagkoerant Rapport se Kaapstadse kantoor – met ’n kort onderbreking in 2009 toe hy die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder en toespraakskrywer was. In 2010 kry hy eervolle vermelding in die Mondi Shanduka-pryse se afdeling vir harde nuus. Dit was vir sy deel in ’n span wat berig het oor die moord op die Britse bruid Anni Hindocha en die aanklagte teen haar man, Shrien Dewani. In 2013 ontvang hy Rapport se Spesiale Redakteursprys vir sy beriggewing. Hy fokus meestal op misdaadberiggewing, maar geniet dit ook om stories te skryf oor die triomf van die menslike gees oor teëspoed asook oor gewone mense wat ongewone dinge doen.

Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 288 ● ISBN 9780624080992 ● Dateigröße 3.9 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2017 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 5530639 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

10.603 Ebooks in dieser Kategorie