’n Orkaan waai privaatspeurder Beer Henning tot op die spogroosplaas Roosbaron. Daar ontdek hy pikswart rose wat ’n dodelike geheim versteek: die duiwelsroos. Hy ontmoet die eksentrieke eienares van die plaas, Mathilda van Eck. Haar sewentienjarige seun Marnus is presies ’n jaar gelede in verdagte omstandighede dood. Sy huur Beer om uit te vind wat werklik gebeur het. Beer vermoed Marnus is vermoor en dat die motief reg onder sy neus is. En in so ’n geval is die moordenaar daar op die plaas!
Yazar hakkında
Leon van Nierop is ’n veelbekroonde skrywer, TV-aanbieder, resensent, regisseur, rolprentnavorser, vervaardiger, rubriekskrywer en dosent. Hy het vir 20 jaar rolprentontleding by die Technikon Pretoria aangebied, en was vir vier jaar hoof van die Rolprentakademie by TUT. Hy was volle professor in film aan die universiteit.