Stephan en Cobus is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op ‘n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop ‘n wildejaagtog op ‘n spoedvarkie, ’n geveg met ‘n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan hulle omtrent juffrou Beneke doen?
Про автора
Theodore Key is ‘n illustreerder en kunstenaar van Kaapstad. Sy kunswerk is gebruik in die film Vir Altyd en hy het al illustrasies vir verskeie plaaslike en internasionale uitgewers gedoen. Hy het onlangs die Lua Verwey-reeks en Die hasie van fluweel geïllustreer, wat beide met die M.E.R-prys vir kinderboeke bekroon is.