Lewensgids vir vroue, Alette-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ‘n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind. Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord se oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Alette-Johanni gesels met die leser soos ‘n goeie, wyse vriendin. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan. Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ‘n goeie vriendin te wees’, ‘Hoe om ‘n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste vrou te wees’, ‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.
Alette-Johanni Winckler
Lewensgids vir vroue [EPUB ebook]
Lewensgids vir vroue [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 272 ● ISBN 9781779880031 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 10016746 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器