Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ‘n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind. Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord se oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens. Heinz gesels met die leser soos ‘n goeie, wyse vriend. Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan. Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’, ‘Hoe om ‘n goeie vriend te wees’, ‘Hoe om ‘n goeie jong student te wees’, ‘Hoe om die beste getroude man te wees’, ‘Hoe om ‘n goeie pa te wees, ‘Hoe om sosiale media te benader’, ‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.
Heinz Winckler
Lewensgids vir Mans [EPUB ebook]
Lewensgids vir Mans [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 256 ● ISBN 9781779880055 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2024 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 10021063 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器