Jana Marx, bekende joernalis, bestudeer kultusse: van antieke kultusse, die verskil tussen ‘n sekte en ‘n kultus, wie word in ‘n kultus ingetrek en die kenmerke van ‘n kultusleier. Kultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel en sy bekyk plaaslike en internasionele kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy wys ook hoe om ‘n kultus uit te ken. Laastens gee sy riglyne oor wat om te doen as ‘n geliefde in ‘n kultus vasgekeer is.
Tentang Penulis
Jana Marx is ‘n ervare verslaggewer en inhoudskepper. Na sy haar studies in joernalistiek en teologie voltooi het, werk sy by Finesse en Media 24 se Afrikaanse koerante en tydskrifte asook Carte Blanche. Sy is die outeur van Afspraak met moord oor die Krugersdorpmoorde en is te sien in die dokumenter Devilsdorp. Sy bly in Johannesburg.