Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer? Het dié rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed dié kwessie in ’n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die “texts of terrors” in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? En hoe staan dit vandag met vroue? Onverskrokke vroue bied ’n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel.
Yazar hakkında
Bettina gaan in Grabouw skool en behaal haar LLB-graad aan die US. Sy word die eerste vrou wat ’n regspraktyk op Grabouw begin maar verlaat die regsberoep om voltyds te skryf. Bettina het vier fiksietitels op haar kerfstok en haar debuut is met die Jan Rabie-prys vereer. Bettina skryf vir Litnet en is ‘n lid van die Andrew Murray-pryskomitee.