Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika. Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle ‘n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word. Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle ‘n verskil kan maak.
关于作者
Schalk W van Heerden is ‘n Afrikaner wat passievol is oor ‘n beter Suid-Afrika. Hy is ‘n predikant by Fontaineblaeu Gemeenskapskerk in Randburg. Hy is die medestigter van Betereinders, ‘n organisasie wat dit beywer vir gesonde rasseverhoudings wat lei tot ‘n florerende samelewing.