In dié jongste bundel van Krog ontwikkel sy voormalige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke, maar terselfdertyd vernuwe sy, opnuut. Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede. Soos Alfred Schaffer sê, daar is gewoonweg niemand in Afrikaans wat só skryf nie. Sy wys wat digkuns moet en kan wees.
Über den Autor
Antjie Krog is ’n internasionaal bekroonde skrywer. Sy ontvang in 2017 vir die tweede maal die Hertzogprys vir poësie, dié keer vir Mede-wete. In Engels verskyn dit as Synapse, vertaal deur Karen Press. In 2018 word sy bekroon met die toonaangewende Gouden Ganzenveer, die eerste keer dat dit aan iemand toegeken word wat nie Nederlands is nie.
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 128 ● ISBN 9780798183543 ● Dateigröße 0.3 MB ● Verlag Human & Rousseau ● Erscheinungsjahr 2022 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 8644695 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie